SKAKELING MET SKOLE
Geagte Wiskunde Personeel
Met hierdie skrywe wil ek u ‘n agtergrond gee van Konkrete Wiskunde se benadering tot ekstra hulp. Ons klasse is geen vervanging van enige klasse wat leerders by die skool gemis het nie. Dit bly steeds die leerder se verantwoordelikheid om self te werk en by te bly. Geen huiswerk wat u as onderwyser vir die leerders gee word by ons gedoen nie. Soortgelyke probleme kan wel behandel word sodat hulle huiswerk self tuis kan voltooi. Ons werk ook nie vooruit aan die sillabus nie, maar doen hersiening van werk wat reeds deur u afgehandel is.
Leerders by ons besef dat daar geen kortpad tot sukses is nie – harde werk word vereis. In die lig daarvan vra ons asb dat u ons sal laat weet as daar leerders wat by ons ingeskryf is, nie hulle kant bring in die klas nie. Ons wil u hande ook sterk en leerders ondersteun om hul potensiaal te bereik. Saam maak ons ‘n span
‘n Laaste versoek is net dat leerders asb die geleentheid moet kry om vraestelle en antwoordestelle huis toe te neem sodat hul afskrifte daarvan kan maak. By ons leer ons hulle om uit hul foute te leer. Hoop dit is in orde met u.
Aangeheg is ‘n naamlys van ingeskrewe leerders wat tans by ons ingeskryf is.
Skakel gerus vir enige navrae.
Konkrete Wiskunde groete